Select Page

Deur middel van konferensies, seminare en publikasies wil ons graag die missie van Partner With Jesus uitleef en uitbou.  In ons vennootskap met Jesus is dit ons doel en strewe om Jesus Christus aan soveel mense as moontlik voor te stel en om geleenthede te skep waar mense meer oor Hom kan leer - om ware en waardige dissipels van Jesus Christus te wees.

Ons nooi jou graag uit na hierdie eerste konferensie; die eerste een van vele wat deur Partner With Jesus aangebied word.

Ons is opgewonde om elkeen van julle te ontmoet en te verwelkom by hierdie "Ontdek God in jou boksie" -konferensie.  

Jesus het ons lewens radikaal verander; ons is getuies van II Kor. 5:17:

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Ons deel graag ons storie met jou, en wil met jou die nuus deel oor hoe Jesus ook jou lewe radikaal kan verander - ontdek God in jou boksie, want Hy is dáár.  

Ons bid reeds vir elkeen van julle - alhoewel ons julle nog nie ontmoet het nie, is ons daarvan oortuig dat Jesus tydens hierdie konferensie op 'n besondere manier met julle gaan ontmoet.

Ruan en Anneke Strydom

Kontak ons gerus indien jy enige navrae het